Soek

Inligting Oor Ons

Redenaarsvaardighede en die vermoë om voor mense met selfvertroue te praat, is een van die belangrikste lewensvaardighede wat ons vir ons kinders kan leer. Dit is waarvoor ons hier by Redenaars.co.za ons beywer. Dit is nie 'n natuurlike vaardigheid nie, en meeste mense en veral kinders, het 'n vrees om voor mense te praat. Redenaarsvaardighede en selfvertroue kom slegs deur ure se oefen en jare se deelname.

Dit is egter nie so maklik soos staan voor mense en praat nie. Om te verseker dat ons kinders 'n opbouende en positiewe ervaring het, moet hulle 'n goeie toespraak hê. Om 'n goeie toespraak te skryf is op sigself 'n vaardigheid om aan te leer. Omdat dit baie oefening en harde werk vereis, leer bitter min mense regtig om goeie sprekers te word.

Hier by Redenaars.co.za glo ons dat deur kinders aan die begin te help om 'n goeie toespraak te skryf en te lewer, hulle meer selfvertroue kry om aan te hou oefen en hulle vaardighede te ontwikkel.

Ons is nou al vir meer as 40 jaar lank betrokke by Redenaars as sprekers, afrigters, seminar-aanbieders en beoordelaars. Oor die jare het ons nou al 'n wenresep saam gestel om beginner sprekers te help om aan die gang te kom en vinnig hulle redenasievermoëns te ontwikkel.

Kyk gerus vir wenke in ons Boek: Die A-Z van Redenaars, of na bestaande toespraak voorbeelde.

Dit is 'n proses om jou kind te help om 'n goeie spreker te word, maar ons glo dat dit een van die wonderlikste gawes is wat 'n ouer vir sy/haar kind kan gee.

Filters
Sort
display