Soek

ATKV Redenaars 2027

Indien jy belangstel in 'n professionele topgehalte nuwe toespraak (uniek en spesifiek geskryf vir jou kind), plaas gerus jou naam op die waglys. Klik asb. op die skakel en voltooi al die besonderhede op die epos so volledig as moontlik.

 

Die 2027 ATKV temas is ook al beskikbaar op die ATKV se webwerf:

Graad 1 tot 3 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal
  • Fluister
  • Skool
  • Skryf
Graad 4 en 5 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal
  • Wortels
  • Gevaar
  • Anker
Graad 6 en 7 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
  • Baken
  • Paspoort
  • Drempel
Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
  • Grondslag
  • Weerklink
  • Tempo
Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
  • Rompslomp
  • Tweespalt
  • Perspektief

Voor jy bestel, bevestig asb. met jou kind se skool se redenaarsorganiseerder dat die skool wel die ATKV se temas volgende jaar gaan gebruik.

 

Vir meer besonderhede, besoek asb. ons webblad - www.redenaars.co.za

 

Pryse vir nuwe toesprake is as volg:

Produk

Pryse (kompetisie doeleindes)

Pryse (nie vir kompetisie doeleindes nie)

Gr 1-3
2 min

2 argumente en 2 bronne

R605

R485

Gr 1-3
2.5 – 3 min

2 argumente en 2 bronne

R715

R575

Gr 1-3
3 – 4 min

3 argumente en 3 bronne

R825

R660

Gr 4-7
4 – 6 min

3 argumente en 3 bronne

R950

R755

Gr 6-7
5 – 6 min

4 argumente en 4 bronne

R980

R785

Gr 8-12
5 – 7 min

3 argumente en 3 bronne

R1 065

R850

Gr 8-12
5 – 7 min

4 argumente en 4 bronne

R1 130

R915

 

Nuwe toesprake wat NIE vir kompetisie doeleindes gebruik word nie:

  • Dit is bv. klas toesprake vir Afrikaans en Engels en enige ander vak.
  • Dit is toesprake wat nie handel oor die ATKV temas nie.
  • Dit word steeds op ATKV standaard geskryf met argumente en bronne, maar is nie so formeel nie. Dit word wel volgens die voorskrifte van die skool geskryf.

 

Alleenreg:

Alle nuwe toesprake word spesifiek volgens bestelling geskryf.

  • Alle nuwe toesprake is beskikbaar vir alleengebruik (landswyd) vir die Redenaars seisoen (maks 12 maande) waarvoor dit gekoop word.
  • Alle toesprake bly die eiendom van Redenaars.co.za en sal na die verstryking van die alleenreg as 'n bestaande toespraak voorbeeld beskikbaar gestel word.
  • Neem asb. kennis van die vrywaringsklousule hieronder.

 

Kontak ons gerus met enige ander navrae deur ʼn e-pos te stuur na info@redenaars.co.za.

 

* Vrywaringsklousule:

Met die aankoop van Nuwe Toesprake versoek ons dat u 'n beredeneerde onderwerp formuleer en ten minste 3 stawende argumente uiteensit. Dit is om te verseker dat die toespraak:
  • Op die regte vlak van jou kind is,
  • Pas by sy / haar persoonlikheid,
  • Voldoen aan julle spesifieke vereistes, en
  • Jou kind se eie siening, mening en idees weerspieël.

Indien u versuim om dit te doen, aanvaar u volle verantwoordelikheid vir die uitkoms van die toespraak en vrywaar u Redenaars.co.za en ons skrywers teen enige eise of versoeke om die toespraak te verander of oor te skryf. Sulke versoeke sal dan verdere kostes tot gevolg hê.

 

Filters
Sort
display