Waar ons leerders help om te ontwikkel in Super Sprekers, Leiers en Entrepreneurs.
Hoe om te registreer Hoe om in te teken Hoe om die leer omgewing te gebruik
Nie op die oomblik beskikbaar nie
Net soos met enige ander sport- of kultuur-aktiwiteit, help dit nie om net vinnige "nood"-afrigting twee weke voor 'n kompetisie te ontvang nie. Top presteerders en wenners begin al maande voor die tyd voorberei en hou eintlik nooit op met oefen nie.
Waarde per jaar: |
|
1. Weeklikse Aanlyn Opleiding (Eposse, videos, oefening) |
R 1,200 |
2. Onvoorbereide toespraak SMS oefeninge |
R 600 |
3. Twee gratis seminaar kaartjies (kwartaaliks) |
R 1,200 |
4. Een gratis virtuale video beoordelingsessie per maand |
R 720 |
5. Gratis kopie van die e-boek "A-Z van Redenaars" |
R 80 |
6. Drie gratis bestaande toespraak voorbeelde |
R 495 |
TOTALE WAARDE WAT JY ONTVANG |
R 4,295 |
Die opleiding of klasse vind plaas in Weeklikse modules of onderwerpe en word deur 'n reeks verskillende media aan die leerders gestuur: Aanlyn kursus, - videos, - dokumente, en eposse. Ons stuur ook materiaal in die pos waar van toepassing. Van die oefeninge (soos die onvoorbereide oefeninge) word aan ouers gesms sodat julle dit met die leerders kan behandel op 'n "onvoorbereide" basis.
Indien jy op hierdie stadium bekommerd is oor jou eie tegnologiese vaardighede, moet glad nie kommer nie: As jy 'n epos kan ontvang, lees en op 'n skakel kan kliek, dan is jy meer as in staat om die program saam met jou kind deur te werk. Dit is BAIE eenvoudig en ons span is altyd beskikbaar om te help!
Elkeen van die dienste verduidelik in meer detail:
1. Weeklikse Aanlyn Opleiding
Aan die begin van elke week stuur ons vir jou 'n epos met die skakel na die nuwe les vir die week. Hierdie les bestaan uit verskeie leerpunte wat oorgedra word d.m.v. eposse, video's en 'n aanlyn- klasomgewing.
Instruksies is eenvoudig en maklik om te volg. Ons verduidelik vir jou stap-vir-stap wat om te doen.
2. Onvoorbereide Toespraak SMS Oefeninge
Soos reeds hierbo genoem, beteken hierdie diens dat ons vir jou (die ouer) 'n sms stuur gedurende die week met 'n oefening om met die leerder te doen. Hierdie oefeninge sluit onder andere in om vinnig 'n onderwerp te kan formuleer, 'n inleiding of slot uit te dink, of om drie argumente vinnig te kan noem.
Weereens verduidelik ons alles stap-vir-stap, so daar is geen rede om onseker te voel nie.
3. Twee Gratis Seminaar Kaartjies (kwartaaliks)
Alle Super Spreker lede kry outomaties twee gratis Seminaar-kaartjies (een leerder en een ouer) elke kwartaal, vir enige seminaar aangebied deur Redenaars.co.za.
4. Een Gratis Virtuele Video Beoordelingsessie (per maand)
Hierdie diens behels dat ouers leerders op video opneem terwyl hulle 'n spesifieke toespraak lewer, of 'n opdrag vir die Super Spreker Skool uitvoer. Dit moet dan opgelaai word op die “Skool area”. (Dit sal stap-vir-stap verduidelik word in die oefeninge). 'n Ekspert beoordelaar en redenaars-afrigter sal dan die video kyk en evalueer, en persoonlike terugvoer aan elke leerder stuur.
Elke leerder kry een 5 min. video-evaluasie per maand gratis. Indien ekstra sessies verlang word, kan dit aanlyn bestel word.
5. Gratis kopie van die "A-Z van Redenaars" e-boek
Die "A-Z van Redenaars" is 'n maklik leesbare boek, propvol praktiese wenke oor hoe om 'n WEN toespraak te skryf en te lewer. Dit is geskryf deur 'n Redenaars fundi - Minnette Smit, wat al meer as 15 jaar in die bedryf is, en verskeie wenners afgerig het en gehelp het met hulle toesprake.
Hierdie boek is 'n moet vir enige potensiële Redenaars Wenner!
6. Drie Gratis Bestaande Toespraak Voorbeelde
Ons is van mening dat die maklikste manier om te leer, is deur voorbeelde. Dit is hoekom ons aan al ons Super Sprekers 3 gratis bestaande toesprake beskikbaar stel wat julle dan kan ontleed, deur werk, en selfs gebruik as 'n beginpunt vir jou eie wen-toesprake.
Indien jy enige verdere vrae het, kontak ons gerus: info@redenaars.co.za