Redigering van Self Geskryfte Redenaars Toespraak
Availability:
Out of stock
Redigering van Self Geskryfte Toespraak
Ons ekspert skrywers sal jou redenaars toespraak redigeer teen 'n maksimum koste van R550 vir een hersiening, of R600 vir twee hersienings! (Ons vra dat kliënte eers vir ons die self-geskryfde toespraak stuur sodat ons kan sien of redigering moontlik sal wees en hoeveel redigering nodig is. Die prys verminder indien daar minder redigering nodig is.)
Die redigeringsdiens beteken dat ons jou toespraak sal nagaan en terug aan jou rapporteer oor of:
- Die gekose onderwerp op standaard is
- Die toespraak beredenerend is of nie
- Die toespraak aan ATKV / soortgelyke standaarde voldoen
- Die regte struktuur gebruik is
- Genoeg stawende bronverwysings gebruik is
- Die algemene taalgebruik reg is, en
- Die vlak en verstaanbaarheid op die kind se ontwikkelingsvlak is.
LET ASB OP DIE VOLGENDE:
1. Alle toesprake moet in 'n Microsoft Word 97/2003 formaat gestoor en ge-epos word aan info@redenaars.co.za
2. Redigering neem 'n minimum van 5 werksdae
3. Redigering beteken NIE dat ons die toespraak vir jou skryf nie - daar sal slegs kommentaar gelewer word op die skryf stuk wat jy aan ons stuur. Verstaan dit asb as 'n beoordeling / evaluering van die toespraak - nie as 'n herskryf nie.
Klik asb. die "e-pos ons" knoppie of stuur vir ons 'n e-pos na info@redenaars.co.za indien jy belangstel om 'n self-geskryfde toesrpaak te laat redigeer.