Search

Leerder prestasies

Prestasies:

Leerders wat van ons dienste gebruik gemaak het, het die volgende prestasies behaal:

* Een leerder wat in VSA deelgeneem het en 3de plek INTERNASIONAAL verower het.

* Vier leerders het deurgedring na FINALE ronde vd landswye ATKV Redenaarskompetisie.

* Hope 1e, 2e en 3e plekke by:

  • Inter skole redenaarskompetisies
  • Groepsredenaars deur Spraak en Drama gilde
  • Abe Bailey tweetaligheidsredenaars, en
  • Verskeie ander "Public speaking" kompetisies

Terugvoer van ons wenners:

"Ek het reeds laasjaar van jul dienste gebruik gemaak vir my seun se Redenaarstoespraak van 'BALANS" waarmee hy tot op die ATKV Semi-finale was.  Baie dankie daarvoor." - Willie

"Hiermee wil ek jul bedank vir puik toesprake wat geskryf is vir Paul en Anke hul altwee het by hul skool 1ste plek gekry!" - Madelein

Dylan Gr 3 Pta het deur na die semi-finale vd ATKV (Noord Gauteng streek)

Marelize Gr 5 Pietersburg-Oos na ATKV semi-finale in die Limpopo streek.

"Baie dankie vir jul moeite met my kinders se toesprake. Albei van hulle is deur na die halfeindrondte in PE." - Groete Annelie

"Ignus het gewen!!! Hy was die Graad 6 redenaar wenner by sy Laerskool, ek is soooo trots op hom. Baie dankie vir julle harde werk!" - Groete Hester

"Ek wil baie graag vir julle vreeslik dankie sê vir die puik toespraak wat julle die jaar vir Meghan geskryf het en het ek gedink julle sou dalk wou weet hoe goed sy gevaar het met julle toespraak: Gr3 - W
elsprekendheid Wenner, Atkv deelname, Noord van die Berg graad 3 wenner en ook aangewys as algehele wenner gr 1-3! Gr 3 redenaar van die jaar!!" - Britt

"Karla is ook nou deur na die semi-finale van die Radikale Redenaars" - Groete Flippie

"Baie dankie, Marishca het skoon skip gemaak. Sy is die beste redenaar in Graad 2 en die beste redenaar van Gr1-3. Baie dankie vir n puik toespraak en sal definitief weer van julle gebruik maak." - Marlize

"Inge het 86% behaal by die Radikale Redenaarsfees!" - Charmaine

"My dogter (Gr. 6) is deur na Limpopo se halfeindronde!  Baie dankie Redenaars vir jul oulike toespraak." - Amanda

"Ek wil jul net in kennis stel dat Karel toe `n brons medalje verower het met die redenaars.  Ek dink dit het baie goed afgeloop en sal ek defnitief weer van julle dienste gebruik maak." - Lisle

"Keanan het toe eerste plek gevat met die toespraak... baie dankie..." - Joanne

"Wil net vir julle laat weet dat Zandrei met die Afrikaanse toespraak wat julle geskryf het baie goed gedoen het.  Hy was graadwenner in gr5 en algehele junior wenner.  Dankie nogmaals vir julle puik toesprake" - Groet Madalein

"Tiaan het tot Gauteng vlak in 2010 (Gr 7) gevorder. Dankie daarvoor" - Corlia

"Mion het 83.5% behaal en was met 'n halwe persent 2de uit 'n baie sterk groep. Dit was baie oulik en is goed ontvang!" - Hermien

"Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir die skrywer van die Redenaars vir my kinders,BAIE BAIE DANKIE te sê. Die oudste een, Roelof was 1ste by die Noord Tvl uitdunne en die kleintjie, Wiko was 3de.Hulle altwee het deurgedring na die BCVO Landswye Redenaars wat Einde Augustus gehou was. Roelof het as wenner van die Gr 4 weggestap en is die aand aangewys as die Fase wenner vir Gr. 4 – 6.Ek sal hom defnitief inskryf vir een van julle volgende kompetisies. Weereens dankie."  - Groete Juanita

"Soos belowe, wil ek jou net terugvoering gee oor my dogter se toespraak. Sy het 'n A++ gekry en die beoordelaar se kommentaar was die onderwerp is baie interessant.  Dit het my 'n baie trotse mamma gemaak veral as ek gekyk het na die gehoor se reaksie terwyl sy gepraat het." - Belinda

"My dogter het toe Dinsdag gewen in haar kategorie (met geredigeerde toespraak)." - Dankie Jolandi

"Ek wou julle net laat weet het dat Runako toe die Engelse Public Speaking kompetisie gewen het waaraan hy deelgeneem het! Nogmaals dankie vir julle toespraak!" - GroeteTersia

"Ek wil julle net laat weet dat my 9 jarige dogter, Elanza, regtig baie goed gevaar het in die ATKV Redenaars. Sy het tot die Semi-Finale rondte deurgedring wat Vrydag, 20 Mei plaasgevind het te Middelburg. Sy is ongelukkig nie deur na die finaal toe nie, maar vir ‘n 1e deelname aan die ATKV Redenaars dink ek sy het uitstekend gevaar. Nogmaals baie, baie dankie vir julle aandeel. Dit word opreg waardeer!" - Esther

"Baie dankie vir ‘n raakpraat toespraak!!!! CN het 1ste Plek gekry met die skool se redenaars. " - Lettie

"Danielle het tweede gekom met haar praatjie." - Elbie

"Baie dankie. Wil net vir julle laat weet dat Zandrei met die Afrikaanse toespraak wat julle geskryf het baie goed gedoen het.  Hy was graadwenner in gr5 en algehele junior wenner.  Dankie nogmaals vir julle puik toesprake!" - Groet Madalein

"Wil jul net laat weet dat Jolinda gisteraand deelgeneem het in skoolverband (A++) en sy is gekies om aan die ATKV Redenaars te gaan deelneem. Baie dankie vir julle hulp en moeite!" - Belinda

"Ek wil net laatweet dat my dogter by haar skool gewen het met julle toespraak." - Groete Gerda

"Wil jul net graag laat weet dat Phillip het toe derde plek gery eergister aand.  Baie dankie vir jul hulp, sal defnitief weer aan jul deur klop volgende jaar." - Groete Erika

"Net terugvoer. Baie dankie weer. Jeanie het 2de by die skool gekom. Sy het die toespraak baie geniet. Dankie." - Groete Lex

Filters
Sort
display