‘n Kind se spieëlbeeld vertel wie hy is. As die spieël ‘n netjiese voorkoms terugkaats spreek dit van selfrespek. As die spieël goeie maniere terugkaats spreek dit van dissipline. En as die spieël sukses terugkaats spreek dit van harde werk.
‘n Klik vir ‘n klap en ‘n klap vir ‘n klik is al wat mense op hulle plek gaan sit. ‘n Klikbek en skinderbek se bekkies moet toegeklap word. Geweld se klap moet met die klik van ‘n slot afgesny word. En ‘n boelie se klap moet met die klik van die...
‘n Mens moenie iemand beoordeel op sy spieëlbeeld nie. Jou spieëlbeeld wys nie jou waardes nie. Dit verklap nie jou maniere nie. En jou spieëlbeeld spel nie jou sukses uit nie.
‘n Mens moet nie te veel hooi op jou vurk hê nie, wat die druk raak te veel. Kinders wie se hooi te swaar gelaai word, word moedeloos. Tieners wie se vurke oorvol is begin ontvlug. En grootmense wat twee vurke probeer balanseer, laat die hooi op die grond
‘n Mens se karakter word weerspieël in hoe jy take aanpak. As jy take voltooi weerspieël dit ‘n vasbyt-karakter. As jy take met ywer verrig weerspieël dit ‘n karakter van uitnemendheid. En as jy take saam met ander aanpak, weerspieël dit ‘n...
‘n Ouerboom gooi altyd ‘n skaduwee en beskerm kinders teen die aanslae van die lewe. Ouers leer kinders waardes. Hulle dissiplineer met ‘n sagte hand. En hulle tel jou op wanneer jy geval het.
‘n Rooiwarm leier is goud werd. Hy gee ander mense selfvertroue en moed en inspireer en inspireer sy maats om in hulself te glo. Hy sorg dat jy vir goud gaan as hy jou span lei. En hy is die een met die goue idees, nie die goue balkie nie.
‘n Rugbyspeler se skopskoen kan sy kierangs laat braai. Sonder ‘n goue skopskoen veroorsaak spelers dat hul span die wedstryd verloor. As ‘n rugbyspeler nie punte aanteken nie, is hy in almal se slegte boekies. En ‘n rugbyspeler wat onder druk vou, word n
‘n Spieël wat breek voorspel ongeluk. As die spieël breek waarin ons die gevolge van besoedeling moet raaksien, is ons aarde gedoem. As die spieël breek waarin ons die euwels van groepsdruk moet sien, gaan tieners die pad byster raak. En as die spieël...
‘n Sportman wat net sukses najaag verbrand sy mond. Die wen-motief veroorsaak dat sportsterre swak sportmangees openbaar. Hulle humeure vlam vinnig op as hulle ‘n fout maak. En om sukses te behaal gryp hulle vinnig na verbode middels.
"Die beoordeelaars was baie positief oor my dogter se toespraak en ons soek graag nog 'n treffer vir volgende jaar. Sodra ons weet wat die temas is kan julle begin skryf."
"Weereens dankie, dit was 'n eer om by finaal te wees, dis die tweede keer met julle fantastiese toesprake."
"Ek wil julle net weereens bedank vir ‘n PUIK toespraak. My dogter het weer 2de plek gekry met die skool kompetisie. Ek maak defnitief weer volgende jaar van julle gebruik en sal julle aanbeveel by almal wat ek ken."