|
|
|
|
2012 Super Sprekers Redenaars Kompetisie
Produknommer
K0002
Hoe werk 'n AANLYN Redenaars Kompetisie?
- Lewer ENIGE TOESPRAAK op video
- Laai dit op YouTube (sien video hieronder vir instruksies)
- Skryf in en vul jou YouTube skakel (link) in op jou inskrywing
- 'n Beoordelaar lewer gedetaileerde repliek op die video en gee vir jou 'n simbool
- Jy ontvang ook 'n sertifikaat in die pos vir elke inskrywing
- Wenners word bepaal deur die beoordelaars EN die gehoor (sien die Reëls van die kompetisie)
- Kategorie Wenners word einde Sept 2012 aangekondig.
Hoekom moet leerders deelneem?
- Leerders kan SOVEEL KEER INSKRYF SOOS HUL WIL!
- Jy ontvang 'n sertifikaat vir ELKE inskrywing.
- Jy kan GROOT PRYSE wen!
- Jy kan kies om VOLLEDIGE repliek / terugvoer te kry wat presies vir jou verduidelik waar om te verbeter!
- Jy kan jouself sien, evalueer en sodoende VINNIGER VORDER!
- Die kompetisie is oop van 1 Februarie 2012 tot 31 Augustus 2012 en jy kan ENIGE DAG, ENIGE TYD deel neem.
- Ouers hoef NIE ROND te RY en URE lank te WAG vir sprekers om deel te neem nie!
Reëls van die kompetisie:
- Alle leerders mag deelneem - van graad 1 tot 12.
- Temas / Onderwerpe: EIE KEUSE. Dit beteken dat jy enige toespraak mag gebruik, selfs 'n bestaande toespraak. Die enigeste vereiste is dat die toespraak beredenerend moet wees.
- Tydsduur: minimum 2 minute en maksimum 5 minute. Punte sal afgetrek word vir te lang of te kort toesprake.
- Koste: R150 per inskrywing. (Leerders mag meer as een keer in skryf)
- Leerders moet in skooldrag op tree.
- Leerders mag die toespraak in Afrikaans of Engels lewer, en repliek sal in Afrikaans of Engels gegee word.
- Daar is 3 kategorieë van Wenners:
- Elke maand word die top 3 “wenners vir die maand” aangekondig, gekies deur die beoordelaars;
- Daar gaan ook elke maand 'n "Gehoor Gunstelling" wenner gekies word deurdat die gehoor op Redenaars Facebook bladsy die videos kan "Like" (die video met die meeste "likes" is die "gehoor gunstelling" wenner vir daardie maand); en
- Die algehele nasionale finaliste en wenners word in September 2012 aangekondig.
Vrywaring:
- Deur deel te neem en die inskrywing te voltooi gee U, ouer / voog van die leerder, uitdruklike toestemming dat Redenaars.co.za die video wat u op YouTube / Facebook of enige ander internet video distribusie webblad laai, mag gebruik vir beoordeling, bemarking en opleidingsdoeleindes in enige vorm of formaat.
- Redenaars.co.za sal onder geen omstandighede verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die direkte of indirekte gebruik of verlies van enige van die videos vir enige doeleindes nie. Ouers van leerders gee uitdruklike vrywaring van enige en alle aanspreeklikheid aan Redenaars.co.za, sy bestuur, personeellede en eienaars.
|
|
|