Vryskut Skrywers Forum

Het jy al Redenaars toesprake geskryf en sukses daarmee behaal..?

Hoekom gebruik jy nie jou skryf talent en verdien 'n ekstra inkomste nie..?

Indien jy belangstel is die Redenaars.co.za Vryskut Skrywers Forum vir jou!

 

Hoe werk dit?

Ons ontvang bestellings vir nuwe toesprake, stuur dit deur na jou om binne 5 werksdae te skryf en terug te stuur. Dit word dan geredigeer en nodige veranderinge word gemaak. Binne 7 tot 10 werksdae word die toespraak aan die kliënt gelewer.

 

Hoe werk die kommissie en betaling?

Elke skrywer ontvang tussen 50% en 70% (afhangende van hoeveel redigering nodig is) van die verkope van sy of haar geskrewe toesprake. Al die kommissie word maandeliks bereken en betaal voor die einde van die volgende maand.

Let egter daarop dat daar 'n boete klousule ingesluit is vir laat indiening van toesprake. Vir elke dag wat toesprake laat is (na ooreengekomde afleweringsdatum), word 10% van die kommissie mbt die spesifieke toespraak afgetrek.

 

Wat is die verkoopspryse van nuwe toesprake?

1 - 1.5 min     R295

2 - 2.5 min     R355

3 - 3.5 min     R415

4 - 4.5 min     R455

5 - 5.5min      R495

 

Hoe sluit ek aan?


Kliek op die volgende skakel: REDENAARS VRYSKUT-SKRYWER

Is daar kostes aan verbonde?

Ja, ons vra 'n registrasiefooi van R500 per aansoek, om seker te maak dat ons net geldige aansoeke kry van persone wat ernstig is om 'n vryskut skrywer te word.

Dit neem ongelooflik baie tyd in beslag om deur die opleidings- en goedkeurings proses te gaan en ons het al verskeie bloutjies hiermee geloop.