NUUSBRIEF #4 - Apr 2010
Paasnaweek het gekom en gegaan en hopelik kan meeste van ons so bietjie rus nou in die skool vakansie, maar dit is ookal amper weer op 'n einde.
Omdat ek weet dat die laaste ding waaraan jy nou wil dink, skoolwerk is, of redenaars, hou ek hierdie maand se nuusbrief kort en kragtig.
- Baie geluk aan al die sprekers wat so goed gedoen het in julle interne kompetisies! Ons is baie trots op julle en wens julle alle sterkte vir die volgende uitdunne & kompetisies toe!
- Indien jy nog nie die A-Z van Redenaars boek of e-boek gekoop het nie, dit is nou die ideale tyd om rustig daar deur te werk – voordat die kwartaal weer in volle vaart begin en daar weer 'n duisend ander dinge is wat onmiddelike aandag vereis, so bestel nou!
- Indien jy belangstel in “onvoorbereide toespraak” oefeninge en opleiding, epos asb jou besonderhede vir ons – ons is besig om opsies te oorweeg om so diens beskikbaar te stel.
- Indien jy weet van enige toespraak skrywers of redenaars afrigters, epos asb hulle besonderhede vir ons! Vir elke suksesvolle skrywer of afrigter wat jy aan ons bekend stel sal ons vir jou R50 afslag gee op jou volgende Redenaars.co.za bestelling!
NUUSBRIEF #3 - Mrt 2010
Kan jy glo dat ons al in Maart maand is? Tyd het behoorlik gevlieg van die begin van die jaar af. Die skole het skaars begin en toe is dit al atletiek, sport, take, projekte, toetse EN Redenaars kompetisies...
Wat nog meer is, is dat dit al amper tyd is vir die ATKV uitdunne, so almal skarrel nou om die laaste afrondgings aan hulle toesprake te maak.
Ons deel graag met julle 'n paar van die opwindende verwikkelinge hier by Redenaars.co.za wat julle kan help met al hierdie voorbereidings:
3. Verlede mand het ek so vlugtig genoem dat ons besig is om 'n
REDENAARS AFRIGTINGS NETWERK te stig. Dit is nou amptelik in proses, en as jy 'n afrigter is of weet van iemand wat is, laat hulle asb hulle besonderhede vir ons epos na
info@redenaars.co.za.
4. En dan laastens, baie dankie vir al die bywoners en deelnemers aan die Feb werkswinkels! Dit was 'n baie groot sukses en ons het baie goeie terugvoer ontvang! Ons het die seminare verfilm en gaan hard werk om dit teen April maand aanlyn beskikbaar te stel! So hou die nuusbrief dop!
Baie sterkte vir al die sprekers! Onthou dat deur net deel te neem, is jy al klaar 'n wenner!
Baie sterkte vir al die ouers! Die ure en senuwees IS die moeite werd! Daar is geen groter geskenk wat jy vir jou kind kan gee, as 'n goeie selfbeld en selfvertroue nie!
NUUSBRIEF #2 - Feb 2010
Beste Redenaars-ondersteuners
Ek wil begin deur dankie te sê! Dankie vir al julle belangstelling, ondersteuning en terugvoer oor die afgelope paar maande! Dit maak al die laat aande en naweke se werk die moeite werd!
En dan wil ek veral ook baie dankie sê vir my span hier by Redenaars.co.za! Span, baie dankie vir julle ongelooflike harde werk, ver bo verwagting! Ek waardeer dit regtig baie!
‘n Paar belangrike sake om aandag aan te gee:
Redenaars – Seminare: 13 en 27 Feb 2010
MOENIE die Redenaars seminare misloop nie!
Ons gaan jou PRAKTIES leer en WYS hoe om ‘n toespraak te skryf en te lewer! Ons gaan letterlik sprekers teenwoordig hê wat voorbeeld toesprake gaan lewer waarop ons eksperts dan gaan repliek lewer en foute en sterk punte uitwys.
Plekke is BEPERK so moenie uitmis soos op die nuwe toesprake nie, bespreek NOU!
http://www.redenaars.co.za/c5/Werkswinkels.aspx
Vryskut skrywers benodig:
Soos jy seker sou gesien het, moes ons al sedert middel Januarie ons bestellings vir Nuwe Toesprake sluit, want ons kon letterlik net nie voorbly met die aanvraag nie. Dit ten spyte van die feit dat ons regtig hard gewerk het om ons span van vryskut skrywers uit te brei.
Dit was ‘n baie moeilike besluit, maar ons het gekies om eerder nuwe bestellings te sluit eerder as om in ‘n situasie te beland waar kwaliteit afneem omdat ons bestellings moet aframmel.
Om te voorkom dat dit weer gebeur, wil ons graag ons lys van vryskut skrywers met ten minste nog 20 of 30 uitbrei!
As jy iemand is of ken wat reeds resultate bereik het met vorige toesprake wat jy / hulle geskryf het, stuur asb jou / hulle besonderhede vir ons na info@redenaars.co.za!
Vir elke aanvaarde vryskut skrywer wat jy verwys, sal ons vir jou R200 AFSLAG gee op jou volgende Redenaars.co.za bestelling!
Aan Potensiële Vryskut Skrywers:
· Indien jy nie heeltemal seker is of jy op standaard is nie – moet glad nie kommer nie, alle nuwe vryskut skrywers word behoorlik opgelei – van ‘n opleidingseminaar reg deur tot persoonlik afrigting en terugvoer op jou toesprake
· As jy twyfel of jy genoeg tyd gaan hê – ons vereis maar ‘n minimum van een toespraak per week (plus min 2 tot 10 ure – afhangende van jou vlak van ervaring), so jy behoort dit te kan inpas by jou huidige skedule.
· As jy twyfel of dit die moeite werd is: die gemiddelde vryskut skrywer verdien tussen R1,000 en R4,000 per maand (wissel tussen piek en nie-piek seisoen) en ons TOP SKRYWER het vir Jan R15,000 kommissie ontvang!
Stel jy belang..? Epos asb jou besonderhede na info@redenaars.co.za sodat ons met jou in verbinding kan tree!
Redenaars afrigting:
Ons beoog om ‘n afrigtings-funksie binnekort bekend te stel! Indien jy sou belangstel om Redenaars-afrigting te ontvang, epos asb die volgende inligting vir ons:
· Jou naam en van
· Selfoon nommer
· Adres
· Spreker se naam, geslag, en graad
Baie sterkte vir Februarie se uitdunne en kompetisies wat voorlê! Onthou asb om vir ons terugvoer te stuur oor hoe dit gegaan het!
Redenaars-groete
Andries
BD – Redenaars.co.za
NUUSBRIEF #1 - 11 Jan 2010
Goeie dag Redenaar-Ouer
Namens die span hier by
Redenaars.co.za wens ons jou en jou gesin alle voorspoed vir 2010!
Hierdie is die eerste van ons nuwe Nuusbrief waarin ons vir jou baie waardevolle inligting rakende Redenaars stuur.
Belangrike sake:
1. Redenaars opleiding - "Help jou kind om 'n wen redenaars toespraak te skryf en te lewer" - seminaar:
* Sien onderaan hierdie epos vir volledige besonderhede
2. Groeps-redenaars vir Laerskole:
* Van hierdie jaar af word groeps-redenaars vir laerskole ook aangebied.
* Vir meer inligting oor wat dit is en hoe dit werk, woon ons seminaar by.
3. Navraag vir Nuwe Toesprake:
* Op die stadium kan ons nie voorbly met die navraag vir nuwe toesprake nie, so indien jy 'n nuwe toespraak nodig het, maak asb seker dat jy so gou moontlik bestel. Tans is die minimum wagtydperk 7 tot 10 werkdae.
4. Vryskut-skrwers:
* Is jy 'n goeie redenaars-skrywer is, of ken jy iemand wat is? Word deel van ons vryskut-skrywers - jy kan tot 70% van inkomste verdien van die toesprake wat jy skryf.
* Ons verskaf aan jou opleiding en hulp, om seker te maak dat die toesprake aan die hoogste kwaliteitsvereistes voldoen.
5. Terugvoer:
* Laat weet ons asb hoe jou kind gevaar het in sy / haar Redenaars kompetisies - ons wil graag statistieke hou van leerders se prestasies!
Baie dankie vir jou ondersteuning!
Redenaars-groete
Andries (Besturende Direkteur) & Redenaars.co.za Span
SEMINAAR:
Help jou kind om 'n WEN redenaars toespraak te skryf en te lewer!
Tydens hierdie drie uur seminaar / werkswinkel gaan ons jou wys en leer hoe om jou kind te help om self 'n WEN redenaars toespraak te skryf!
Help jou kind om die nodige vaardighede en self-vertroue te kry om sonder enige vrees sy of haar sê te kan sê!
Kostes beloop: R200 per ouer en R100 per kind
DATUMS: Saterdag 13 Feb en Saterdag 27 Feb 2010
TYD: 09:00 tot 12:00
PLEK: Pretoria - Overkruin area (lokaal sal per epos bevestig word)
AANBIEDERS:
Die seminaar word aangebied deur Redenaars.co.za en sprekers sluit in 'n ATKV beoordelaar, 'n ekspert toespraak skrywer en ervare redenaars sprekers.
ONDERWERPE wat ons gaan bespreek: (onder andere)
* Hoe om 'n goeie onderwerp te formuleer
* Wen jou gehoor met jou eerste woorde
* Struktuur en beplanning
* Hoe om 'n toespraak in te kleur
* Jou slot is die grande finale
* Voorbeelde van wen toesprake, en
* Dis nie net wat jy sê nie, maar ook hoe jy dit sê
* Groepsredenaars – wat is dit en hoe werk dit
Plekke is BAIE BEPERK so BESPREEK NOU!
http://www.redenaars.co.za/pW0001/SEMINAAR---Help-jou-kind-om-n-WEN-redenaars-toespraak-te-skryf-en-te-lewer.aspx
Indien u enige navrae het, kontak my gerus by info@redenaars.co.za