Gereelde vrae / Hulp

Hier is die antwoorde op 'n paar gereelde vrae:

1. Hoe koop ek 'n praatjie / toespraak

2. Hoe lank neem die skryf van 'n Nuwe Toespraak?

3. Hoe lank voordat ek my Bestaande Toespraak bestelling ontvang?

4. Is daar 'n risiko dat iemand dieselfde toespraak as ek kan koop?

5. Ek het nie 'n krediet kaart nie - hoe kan ek anders betaal?

6. Mag ek 'n toespraak wat ek gekoop het weer verkoop?

7. Hoe laai ek 'n toespraak af?

8. Hoe kan ek julle kontak?

9. Hoe weet ek dat nuwe toesprake aan die ATKV vereistes sal voldoen?

10. Hoe werk dit as julle toesprake redigeer?


 

1. Hoe koop ek 'n praatjie / toespraak:

  • Kliek op die teks van die spesfieke toespraak wat jy wil koop
  • Kliek op die "add to cart" knoppie
  • Nou sal jy jou Mandjie sien. Kliek op "checkout"
  • Vul die besonderhede in vir "new user" en kliek op "create account"
  • Voltooi jou besonderhede en kliek "continue"
  • Voltooi betaling proses

2. Hoe lank neem die skryf van 'n Nuwe Toespraak?

A: Ons epos die Nuwe Toespraak aan jou binne 7 tot 10 werksdae vanaf betaling ontvang is.

 

3. Hoe lank voordat ek my Bestaande Toespraak bestelling ontvang?

A: Vir krediet kaart betalings - is die toespraak onmiddelik aflaaibaar, want die stelsel keur self die transaksie goed. Vir internet oorplasings word die toespraak aan jou ge-epos sodra ons bewys van betaling ontvang het.

 

4. Is daar 'n risiko dat iemand dieselfde toespraak as ek kan koop?

Nuwe Toesprake word spesifiek geskryf volgens jou bestelling en word vir 'n tydperk van 12 maande slegs aan jou beskikbaar gestel. Na 12 maande, plaas ons die toespraak op die webblad as 'n bestaande toespraak voorbeeld.

Bestaande Toesprake is bedoel om as 'n voorbeeld te dien. Met ander woorde: jy moet die toespraak verwerk met jou eie gedagtes, anders loop jy die risiko om 'n duplikaat toespraak te lewer.

 

5. Ek het nie 'n krediet kaart nie - hoe kan ek anders betaal?

Jy kan per direkte oorplasing betaal. Volg die normale aankoopstappe en wanneer jy by die betalingskerm kom, selekteer "Pay by email". Die webblad sal dan vir jou die bank besonderhede gee en 'n bestellingsnommer wat jy as 'n verwysing moet gebruik.

Epos asb bewys van betaling na info@redenaars.co.za

 

6. Mag ek 'n toespraak wat ek gekoop het weer verkoop?

Nee, alle toesprake bly die intellektuele eiendom van Redenaars.co.za en dus mag jy nie toespraak weer aan iemand anders verkoop sonder ons uitdruklike geskrewe toestemming nie.

 

7. Hoe laai ek 'n toespraak af?

  • Gaan na www.redenaars.co.za
  • Kliek op "Teken In"
  • Vul jou epos adres en wagwoord in
  • Kliek op "Bestellingsgeskiedenis" op die linker kantste kieslys
  • Kliek op "Details" langs jou bestellingsnommer, en
  • Kliek dan op "Download" om die toespraak af te laai.

 

8. Hoe kan ek julle kontak?

Epos asb jou vrae aan info@redenaars.co.za

 

9. Hoe weet ek dat nuwe toesprake aan die ATKV vereistes sal voldoen?

Ons hoof redaktriese, wat alle nuwe toesprake nagaan, evalueer en goedkeur, is al meer as 15 jaar in die bedryf en was al op verskeie vlakke betrokke by die ATKV, insluited

 

10. Hoe werk die redigering van toesprake?

Ons ekspert Skrywers sal jou redenaars toespraak redigeer teen 'n koste van R150!

Die redigeringsdiens beteken dat ons jou toespraak sal nagaan en terug aan jou rapporteer oor of:

  • Die gekose onderwerp op standaard is
  • Die toespraak beredenerend is of nie
  • Die toespraak aan ATKV / soortgelyke standaarde voldoen
  • Die regte struktuur gebruik is
  • Genoeg stawende bronverwysings gebruik is
  • Die algemene taalgebruik reg is, en
  • Die vlak en verstaanbaarheid op die kind se ontwikkelingsvlak is.

LET ASB OP DIE VOLGENDE:

1. Alle toesprake moet in 'n Microsoft Word 97/2003 formaat gestoor en ge-epos word aan info@redenaars.co.za

2. Redigering neem 'n mimimum van 5 werksdae

3. Redigering beteken NIE dat ons die toespraak vir jou skryf nie - daar sal slegs kommentaar gelewer word op die skryf stuk wat jy aan ons stuur. Verstaan dit asb as 'n beoordeling / evaluering van die toespaak - nie as 'n herskryf nie.