ATKV Redenaars 2016

ATKV REDENAARS TEMAS VIR 2016

Die temas vir die 2016 ATKV Redenaarskompetisie is beskikbaar:

Bron: https://www.atkv.org.za/af/project/10

Plaas jou naam op die nuwe toesprake waglys

GRAAD 1 TOT 3
1. Ledigheid is die duiwel se oorkussing
2. As die vlooi byt, moet jy krap
3. Elke haan is koning op sy eie mishoop
4. As twee hande mekaar was, word albei skoon
5. Om van ’n padda vere te probeer pluk

GRAAD 4 TOT 5
1. Bloed kruip waar dit nie kan loop nie
2. Die pap dik aanmaak
3. Wie wind saai, sal storm maai
4. Jou eie boontjies uitdop
5. Die oggendstond het goud in die mond

GRAAD 6 TOT 7 Huistaal en Addisionele Taal
1. Iemand se Achilleshiel
2. As die hoenders tande kry
3. ’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke
4. Haastige hond verbrand sy mond
5. Elke bobbejaan het sy krans

GRAAD 8 TOT 9 Huistaal en Addisionele Taal
1. Mens vang meer vlieë met heuning as asyn
2. Elke man soen sy vrou op sy eie manier
3. Benoude katte maak benoude spronge
4. Dis maklik gesê maar die eend lê die eier
5. Die verste berge is altyd die blouste

GRAAD 10 TOT 12 Huistaal en Addisionele Taal
1. Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang
2. Hunker na die vleispotte van Egipte
3. Baantjies vir boeties
4. ’n Saak blou-blou laat
5. Dis die klein jakkalsies wat die wingerde verniel