Prestasies:
Leerders wat van ons dienste gebruik gemaak het, het die volgende prestasies behaal:
* Een leerder wat in VSA deelgeneem het en 3de plek INTERNASIONAAL verower het.
* Vier leerders het deurgedring na FINALE ronde vd landswye ATKV Redenaarskompetisie.
* Hope 1e, 2e en 3e plekke by:
- Inter skole redenaarskompetisies
- Groepsredenaars deur Spraak en Drama gilde
- Abe Bailey tweetaligheidsredenaars, en
- Verskeie ander "Public speaking" kompetisies
Terugvoer van ons wenners:
"Keanan het toe eerste plek gevat met die toespraak... baie dankie..." - Joanne
"Mion het 83.5% behaal en was met 'n halwe persent 2de uit 'n baie sterk groep. Dit was baie oulik en is goed ontvang!" - Hermien
"Soos belowe, wil ek jou net terugvoering gee oor my dogter se toespraak. Sy het 'n A++ gekry en die beoordelaar se kommentaar was die onderwerp is baie interessant. Dit het my 'n baie trotse mamma gemaak veral as ek gekyk het na die gehoor se reaksie terwyl sy gepraat het." - Belinda
"My dogter het toe Dinsdag gewen in haar kategorie (met geredigeerde toespraak)." - Dankie Jolandi
"Ek wil net laatweet dat my dogter by haar skool gewen het met julle toespraak." - Groete Gerda