2012 Redenaars Kompetisie

Jaarlikse Aanlyn Super Sprekers Kompetisie (SSK)!


Enigste in sy soort, die SSK beloof om weer in 2012 die opwindendste Redenaars Kompetisie van die jaar te wees!

Die Super Spreker Redenaarskompetisie is ‘n aanlyn-kompetisie met die oogmerk om leerders te help om beter sprekers te word. Aanlyn? Dis reg – sprekers se ouers neem die sprekers se voordrag van 'n toespraak op video en laai dit op YouTube en stuur dan vir ons ‘n skakel sodat ons die leerder kan evalueer.
 


Hiermee die nasionale uitslae van die algehele wenners van die Super Spreker Kompetisie 2012:

 2012 Super Sprekers Redenaar Wenners
Kategorie Gr 1-3:
 
Die wenners in die Graad 1 tot 3 kategorie is:

1. Heinrich Horn
2. Lehan Kruger
3. Melindi Randall

Baie geluk julle outjies! Julle het uitstekend gepraat!

  
Kategorie Gr 4-7:

Die wenners in die Graad 4 tot 7 kategorie is:
 
1. Liesel Horn
2. Ruben van Staden
3. Taryn Bands
 
Baie geluk julle - ons kan nie wag om te sien wat julle volgende jaar gaan optower nie!
 
Kategorie Gr 8-12:
 
Die wenners in die Graad 8 tot 12 kategorie is:
 
1. CR Hugo
2. Luane Kotze
3. Sjani Heunis
 
Baie geluk julle! Julle kan voorwaar trots wees.
 

"Facebook Favourites"
 
Dames en Here, hiermee kondig ons met trots aan: Die wenners van die Super Spreker Kompetisie 2012 se "Facebook Favourites": (gekies deur JULLE stemme)

1. Ju-hanie Wilken - met 70 stemme
2. Anne van du Buisson - met 25 stemme
3. Leane Kok - met 20 stemme

 
BAIE geluk aan almal! Die standaard was baie hoog hierdie jaar, maar julle het voorwaar uitgeblink! 
 
Baie dankie vir elke deelnemer, ouer en ondersteuner! Julle het die kompetisie 'n sukses gemaak.

PRYSE: (per kategorie: Gr 1-3, Gr 4-7 en Gr 8-12)

1ste plek wenners ontvang elkeen R1,500 kontant, Roman's Pizza geskenkbewyse en skryfbehoeftes geborg deur die Afrikaanse Ekspo. Die 1ste plek wenners se skole ontvang elkeen ook R1,000 kontant ter bevordering van hulle interne redenaars departement.

2de plek wenners ontvang elkeen R1,000 kontant, Roman's Pizza geskenkbewyse en skryfbehoeftes geborg deur die Afrikaanse Ekspo.

3de plek wenners ontvang elkeen R500 kontant, Roman's Pizza geskenkbewyse en skryfbehoeftes geborg deur die Afrikaanse Ekspo.




 



Hoekom aanlyn?
Daar is verskeie redes, waarvan die grootste een is dat leerders die beste leer en verbeter wanneer hulle hulself op video kan sien en hoor. Dit is dan maklik om presies te sien waar

foute gemaak is en hoe om dit reg te stel. Ons gee ook gedetaileerde terugvoer aan elke spreker om hulle te help om te verbeter.

Ons 2011 deelnemers het veral baie baat hierby gevind as voorbereiding vir die ATKV, die Radikale Redenaarsfeeste, interskole deelname en interne redenaarskompetisies. Omdat
leerders meer as een keer mag inskryf vir die Super Spreker kompetisie, help dit hulle om te groei en te verbeter.

Ouers is ook baie ingenome met hierdie formaat van kompetisiedeelname, omdat dit geen ekstra inspanning, tyd of moeite kos nie.

Om inskrywings makliker te maak, wil ons vra dat die sprekers wat belangstel om deel te neem aan die Super Spreker Kompetisie en wie se ouers toestemming gee (ons sal al die nodige vorms voorsien), tydens die interne redenaars kompetisie op videoband geneem word.

In hierdie geval trek almal voordeel: die spreker neem terselfdertyd aan die skool se redenaarskompetisie deel, en ook landswyd aan die Super Spreker Kompetisie wat beteken dat die skool nasionale blootstelling kry.

Het die skool professionele videograwe of videotoerusting nodig?

Nee, voor jy bekommerd raak, die videos hoef onder geen omstandighede professionele videos te wees nie – sommer ‘n persoonlike videokamera is meer as voldoende vir hierdie doel.

Of indien die skool hul eie video-toerusting het, nog beter. Indien die skool 15 of meer inskrywings vir die Super Spreker Kompetisie het, sal ons op ons onkostes ‘n videograaf voorsien indien nodig.
 
Hoekom is dit belangrik dat die skool se leerders deelneem?

Die heel belangrikste is die blootstelling vir sprekers. Soos reeds vermeld, is dit ‘n uitstekende geleentheid vir hulle om te verbeter, repliek te ontvang en ook op ‘n nasionale vlak te kan kompeteer.

Daar is ook uitstekende kontant- en borgpryse wat leerders van alle vlakke en onderdomme kan wen.

Ons is nog besig om al die borge te finaliseer en sal al die besonderhede volgende jaar deurgee.

Die skool kry baie goeie blootstelling en die skole waaraan die top 3 sprekers verbonde is, kry elkeen R2,000 om ter bevordering van hul Redenaarsaktiwiteite aan te wend.
 
Hoe gaan die kompetisie werk?

In breë trekke: die kompetisie vind plaas van 1 Februarie 2012 tot 31 Augustus 2012 en leerders kan enige tyd inskryf. (Omdat skole op verskillende tye hulle interne redenaarskompetisies hou).

Daar is 3 kategorieë wenners

  1. Die top 3 wenners per kategorie word aan die einde van die kompetisie aangekondig, gekies deur die beoordelaars;
  2. Daar gaan ook 'n "Gehoor Gunstelling" wenner per kategorie gekies word deurdat die gehoor op Redenaars Facebook bladsy die videos kan "Like" (die video met die meeste "likes" is die "gehoor gunstelling" wenner);  en
  3. Die algehele nasionale finaliste en wenners word einde September 2012 aangekondig.

(Sien hieronder vir al die besonderhede)

Kliek hier
om in te skryf!

 


  

Hoe werk 'n AANLYN Redenaars Kompetisie?

  1. Lewer ENIGE TOESPRAAK op video
  2. Laai dit op YouTube (sien video hieronder vir instruksies)
  3. Skryf in en vul jou YouTube skakel (link) in op jou inskrywing
  4. 'n Beoordelaar lewer gedetaileerde repliek op die video en gee vir jou 'n simbool
  5. Jy ontvang ook 'n sertifikaat in die pos vir elke inskrywing
  6. Wenners word bepaal deur die beoordelaars EN die gehoor (sien die Reëls van die kompetisie)
  7. Kategorie Wenners word einde Sept 2012 aangekondig.

 

Hoekom moet leerders deelneem?

  1. Leerders kan SOVEEL KEER INSKRYF SOOS HUL WIL!
  2. Jy ontvang 'n sertifikaat vir ELKE inskrywing.
  3. Jy kan GROOT PRYSE wen! 
  4. Jy kan kies om VOLLEDIGE repliek / terugvoer te kry wat presies vir jou verduidelik waar om te verbeter!
  5. Jy kan jouself sien, evalueer en sodoende VINNIGER VORDER!
  6. Die kompetisie is oop van 1 Februarie 2012 tot 31 Augustus 2012 en jy kan ENIGE DAG, ENIGE TYD deel neem.
  7. Ouers hoef NIE ROND te RY en URE lank te WAG vir sprekers om deel te neem nie!

 

 Reëls van die kompetisie:

  • Alle leerders mag deelneem - van graad 1 tot 12.
  • Temas / Onderwerpe: EIE KEUSE. Dit beteken dat jy enige toespraak mag gebruik, selfs 'n bestaande toespraak. Die enigeste vereiste is dat die toespraak beredenerend moet wees.
  • Tydsduur: minimum 2 minute en maksimum 5 minute. Punte sal afgetrek word vir te lang of te kort toesprake.
  • Koste: R150 per inskrywing. (Leerders mag meer as een keer in skryf)
  • Leerders moet in skooldrag op tree.
  • Leerders mag die toespraak in Afrikaans of Engels lewer, en repliek sal in Afrikaans of Engels gegee word.
  • Daar is 3 kategorieë van Wenners:
    • Die top 3 wenners per kategorie word aan die einde van die kompetisie aangekondig, gekies deur die beoordelaars;
    • Daar gaan ook 'n "Gehoor Gunstelling" wenner per kategorie gekies word deurdat die gehoor op Redenaars Facebook bladsy die videos kan "Like" (die video met die meeste "likes" is die "gehoor gunstelling" wenner);  en
    • Die algehele nasionale finaliste en wenners word einde September 2012 aangekondig.

 

Vrywaring:

  • Deur deel te neem en die inskrywing te voltooi gee U, ouer / voog van die leerder, uitdruklike toestemming dat Redenaars.co.za die video wat u op YouTube / Facebook of enige ander internet video distribusie webblad laai, mag gebruik vir beoordeling, bemarking en opleidingsdoeleindes in enige vorm of formaat.
  • Redenaars.co.za sal onder geen omstandighede verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die direkte of indirekte gebruik of verlies van enige van die videos vir enige doeleindes nie. Ouers van leerders gee uitdruklike vrywaring van enige en alle aanspreeklikheid aan Redenaars.co.za, sy bestuur, personeellede en eienaars.

Kliek hier om in te skryf!

 

VIR GEBRUIK VAN ONDERWYSERS:

 Redenaars Pamflet Druk 2 op 1 A4 bladsy - Kleur

 Redenaars Pamflet Druk 2 op 1 A4 bladsy - Swart 





Super Spreker Redenaars Kompetisie 2012