2011 Aanlyn Redenaars Kompetisie

Redenaars.co.za kondig met trots aan dat ons hierdie jaar 'n REVOLUTIONêRE NUWE Kompetisie loods:

"2011 SUPER SPREKERS KOMPETISIE"

 
Hiermee die uitslae van die Super Spreker Kompetisie 2011:
 
Kategorie Gr 1-3:
Die wenners in die Graad 1 tot 3 kategorie is:

1. Lyndre Kruger
Lyndre Kruger - Redenaars Super Spreker Kompetisie Wenner Gr1-3

2. Ian McDonald
Ian McDonald - Redenaars Super Spreker Kompetisie Naaswenner Gr1-3

3. Ilke Botes
Ilke Botes - Redenaars Super Spreker Kompetisie Derde Plek Gr1-3

Baie geluk julle outjies! Julle het uitstekend gepraat!

 
Katergorie Gr 4-7:

Die wenners in die Graad 4 tot 7 kategorie is:
 
1. Kristy-Leigh du Plessis
Kristy-Leigh du Plessis Redenaars Super Spreker Kompetisie Wenner Gr4-7

2. Caelynne Doyle
Caelynne Doyle Super Spreker Kompetisie

3. Alicia Bartie
Alicia Bartie Redenaars Super Spreker Derde Plek Gr4-7
 
Baie geluk julle - ons kan nie wag om te sien wat julle volgende jaar gaan optower nie!
 
 
"Facebook Favourites"
 
Dames en Here, hiermee kondig ons met trots aan: Die wenners van die Super Spreker Kompetisie 2011 se "Facebook Favourites": (soos gekies deur JULLE stemme)

1. Caelynne Doyle - met 88 stemme
2. Alicia Bartie - met 49 stemme
3. Lyndre Kruger - met 41 stemme

BAIE geluk julle! Ons sal julle binne die volgende dag or twee kontak om reëlings te tref om jul pryse by jul uit te kry! 
 
Baie dankie vir elke deelnemer, ouer en ondersteuner! Julle het die kompetisie 'n sukses gemaak"
 
Ons sien baie uit na die 2012 kompetisie want ons het 'n paar interessante en opwindende veranderinge om aan te kondig! So bly ingeskakel!
 




EERSTE JAARLIKSE AANLYN Super Sprekers Redenaars Kompetisie!

Dit is die eerste en enigste in sy soort, en beloof om die opwindendste Redenaars Kompetisie OOIT te wees!

Hoe werk 'n AANLYN Redenaars Kompetisie?Super Spreker Kompetisie

  1. Lewer ENIGE TOESPRAAK op video
  2. Laai dit op YouTube (sien video hieronder)
  3. Skryf in en vul jou YouTube skakel (link) in op jou inskrywing
  4. 'n Beoordelaar lewer repliek op die video en gee vir jou 'n simbool
  5. Jy ontvang ook 'n sertifikaat in die pos vir elke inskrywing
  6. Wenners word bepaal deur 'n formule wat saamgestel word uit die Beoordelaar se punt en die populariteit van die video (sien onder die punt getiteld Reëls van die kompetisie)
  7. Graad Wenners word in einde Sept 2011 aangekondig.

Hoekom moet jy deelneem?

  1. Jy kan SOVEEL KEER INSKRYF SOOS JY WIL!
  2. Jy ontvang 'n sertifikaat vir ELKE inskrywing.
  3. Jy kan GROOT PRYSE wen! 
  4. Jy kan kies om VOLLEDIGE repliek / terugvoer te kry wat presies vir jou verduidelik waar om te verbeter!
  5. Jy kan jouself sien, evalueer en sodoende VINNIGER VORDER!
  6. Die kompetisie is oop van 1 Februarie 2011 tot 31 Augustus 2011 en jy kan ENIGE DAG, ENIGE TYD deel neem.
  7. Ouers hoef NIE ROND te RY en URE lank te WAG vir sprekers om deel te neem nie!

 Reëls van die kompetisie:

  • Alle leerders mag deelneem - van graad 1 tot 12.
  • Temas / Onderwerpe: EIE KEUSE. Dit beteken dat jy enige toespraak mag gebruik, selfs 'n bestaande toespraak. Die enigeste vereiste is dat die toespraak beredenerend moet wees.
  • Tydsduur: minimum 2 minute en maksimum 5 minute. Punte sal afgetrek word vir te lang of te kort toesprake.
  • Koste: R50 per inskrywing. (Leerders mag meer as een keer in skryf)
  • Leerders mag in enige drag op tree.
  • Leerders mag die toespraak in Afrikaans of Engels lewer, en repliek sal in Afrikaans of Engels gegee word.
  • Wenners word bepaal deur die volgende formule:
    • Die beoordelaars sal die TOP 120 videos kies (10 uit elke graad) en bekend stel op 10 Sep 2011
    • Dan kies die gehoor die TOP 3 WENNERS. Dit word bepaal deur:
      • Die hoeveelheid "views" wat elke video ontvang, en
      • Die hoeveelheid stemme wat elke leerder ontvang. (Stem prosedures sal later bekend gemaak word)

Vrywaring:

  • Deur deel te neem en die inskrywing te voltooi gee U, ouer / voog van die leerder, uitdruklike toestemming dat Redenaars.co.za die video wat u op YouTube / Facebook of enige ander internet video distribusie webblad laai, mag gebruik vir beoordeling, bemarking en opleidingsdoeleindes in enige vorm of formaat.
  • Redenaars.co.za sal onder geen omstandighede verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die direkte of indirekte gebruik of verlies van enige van die videos vir enige doeleindes nie. Ouers van leerders gee uitdruklike vrywaring van enige en alle aanspreeklikheid aan Redenaars.co.za, sy bestuur, personeellede en eienaars.

Kliek hier om in te skryf!



 

VIR GEBRUIK VAN ONDERWYSERS:

 Redenaars Pamflet Druk 2 op 1 A4 bladsy - Kleur

 Redenaars Pamflet Druk 2 op 1 A4 bladsy - Swart