Wenke

Redenaars Wenke

Hier volg 'n paar algemene wenke oor hoe om 'n WEN Redenaars toespraak of praatjie te lewer:

  1. Hou jou boodskap EENVOUDIG!
    • Moenie jou gehoor laat wonder waarvan jy hulle wil oortuig nie!
    • Stel dit hard en duidelik: Dit is waarvan ek julle gaan oortuig en dit is hoe ek dit gaan doen... (sonder om hierdie presiese woorde te gebruik... dit is vervelig...)
  2. Wees ENTOESIASTIES
    • Dit is makliker gesê as gedaan! Veral as mens senuwee-agtig is.
    • Fokus op jou asemhaling en onthou om jou visualiserings oefeninge te doen!
    • Die energie wat jy uitstraal word direk deur jou gehoor opgeneem en terug gekaats - as jy goed dood is, gaan die gehoor ook so wees!
  3. POUSSEER!
    •   Gee mense tyd tussen jou standpunte om in te neem wat jy nou net gesê het!
  4. Wissel jou INTONASIE
    • Jou intonasie is die "musiek" in jou stem - dit is wat jou stem interessant maak om na te luister!
    • Niemand wil luister na iemand wat die heeltyd op dieselfde toon praat of sing nie...
  5.   Wees INTERESSANT!
    • Daar is tien teen een 10 of 20 of 100 ander sprekers wat oor presies dieselfde tema as jy gaan praat, so wees anders!
    • Wees onverwags, wees uniek, wees die spreker en toespraak wat almal gaan onthou!
    • Al moet jy bietjie skok of snaaks wees om dit reg te kry.
  6. BEGIN STERK en EINDIG nog STERKER!
    • Meeste mense onthou net die begin en die einde van jou toespraak (behalwe die beoordelaars natuurlik...), en dit is AS hulle iets onthou, so dit is ongelooflik belangrik dat jou INLEIDING en SLOT baie treffend sal wees!