|
|
Groeps Redenaars
Life is like Eugene Marais describes it in his poem – Skoppensboer: There is a tear on each joyful string, in every laugh, a sigh of pain. You have to learn to cope with the ups AND downs of life.
|
Die gevolge van tiener-rebellie is dat ons soms die pad byster raak. Vir 'n wyle word ons uitsig belemmer deur groepsdruk, gryp ons na die strooihalm van opkikkers en verslawende middels, en blameer ons die wêreld resessie vir ons benarde posisie.
|
Ek ken 'n paar tieners wat nie net hysbakke of roltrappe nodig het nie, maar 'n hyskraan om hul van hul sitvlakke op te lig! Die bal is in ons hande. Die hoofstukke van ons tiener-verhaal word deur onsself geskryf,
|
Hou op wag dat jou skip moet kom! Aanvaar dat almal in dieselfde bootjie is en moet bespaar! Begin by besnoeiing op luukshede. En sien die ressesie as 'n uitdaging en nie as 'n struikelblok nie!
|
A-hoi! (Marco).... A-hoi! (res) Span die seile..... lig die anker...!! James Huneker – die ontdekkingsreisiger – het gesê: 'n Skip is nie gemaak om in die hawe te lê nie!
| |
|
|