|
|
Bestaande Toespraak Voorbeelde
Bestaande Toespraak Voorbeelde
LET ASB OP:
- Bestaande toesprake dien slegs as VOORBEELDE.
- Dus moet jy die toespraak verander om by die betrokke tema, onderwerp en spreker te pas.
- Indien jy versuim om die toespraak te verander, loop jy / jou kind die risiko dat 'n ander spreker dieselfde toespraak as jy / jou kind kan lewer.
- Lees asb ook die "Gereelde Vrae / Hulp" afdeling.
Kaalpoot loop en roosterkoek eet, is iets waarna 'n tiener verlang, want toe ons nog 'n haasbek was, het mense gedink ons is oulik. Noudat ons tieners is, trek almal hul wenkbroue op – so asof ons 'n aansteeklike siekte het!
|
Die volkshelde het almal geraamtes in hulle kaste.Die superhelde is onsterflik met bo menslike kragte, maar gaan nie een dag in die werklike lewe oorleef nie! Met die Hollywood-sterre is dit dikwels 'n geval van bo blink maar onder stink.
|
Die ongure winde van die lewe waai tieners dikwels van koers af. Soos ‘n tolbos warrel party rond, tussen kannie-worry en verantwoordelikheid. Ander raak roekeloos en speel Suidooster met grootmens-dinge.
|
Die wipplank van die lewe ry op en af, en ons geniet die speletjie net as daar BALANS is. Te veel TV maak jou lui en anti-sosiaal. Te veel sms en rondklets in die kuberruimte beïnvloed jou skoolwerk en bring jou in aanraking met ongure karakters.
|
Die armoede-kwessie bly ‘n turksvy vir SA! En alhoewel ekonome ‘n rooskleurige prentjie skets, kan ons nie ons oë sluit vir die vretende kanker van armoede nie!!
| |
|
|