Graad 4 - 7

125 items gevind
 1 | 2 | 3 | ... Wys alles
Sort By: 
Dames en here – Dit het tyd geword dat ons die MAG van sepies BREEK!!! Dit verslaaf ons en beroof ons van kosbare gesinstyd. Dit maak van ons ongesonde, onaktiewe potjierolle, en dit stel morele verval voor as goed en reg!
    Wat het geword van goeie buurmanskap? Bure mors met 'n mens se privaatheid. Die geraas van die bure en hul dieretuin dryf 'n mens teen die mure uit. Duistere dinge broei uit wanneer daar bende-bende gespeel word.
      Anderkant die doringdraad van 'n mens se eie ouerhuis, is daar baie erger omstandighede wat 'n mens kan tref. Anderkant die elektriese heining van 'n mens se vriendekring, kan groepsdruk 'n jong lewe verwoes.
        Dames en here – die Buffelboelie se aanslae is fel en hy hou die mens se spieël in die holte van sy hand! Hy laat ons glo dat ons vet en lelik lyk as ons nie modellyfies en voorbladgesigte het nie!
          Ons maak almal foute, maar die grootste fout wat ons kan maak, is om die volgende te dink: Dat roem jou 'n trappie hoër plaas as die gemiddelde mens; Dat skoonheid nooit vergaan nie en jou in 'n ander kategorie as gewone mense plaas;